. . . .

Artist: Fokofpolisiekar
Year: 2003
Title: Maak Of Braak
Tuisgemaakte sosialewapen,
onbekende handgebare
dooie mense maak asof hulle my ken.
in die begrafplaas waar ek bly
lag al die geraamtes vir my
maar hulle is onbewus dat ek stuk vir stuk
my hart by my keel afdruk
drink nou hierdie bloed van my,
dis al wat ek het wat jy kan kry
ek het spesiaal my are vir jou oopgesny
sê net dit lyk mooi
die ewige kind agter in my kop,
bewe benoud en krap oop sy toegestikte mond
nes stilgebore babas huil ek nie
oor die onregverdigheid van die lewe nie,
niemand lewe rerig nie.
ek het al my kos en geheime opgegooi
se net dit lyk mooi sê net dit lyk mooi
ek het al daai fokkin' kak gesluk, myself probeer verdrink
sê net dit lyk mooi sê net ek is mooi
paniekbevange angstig en alleen
prins van donkerte ek dien myself alleen

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home